Waardes en kultuur

Gedragskode
Die doel van hierdie gedragskode is om ’n doelgerigte koshuisomgewing te vestig waar dissipline en orde gehandhaaf word. Dié gedragskode kan van tyd tot tyd gewysig word.
Huiskomitee (hk)
Die huiskomitee (HK) bestaan uit agt portefeuljes wat jaarliks deur De Goede Hoop-studente verkies word. Die HK is verantwoordelik vir algemene koshuisdissipline en die opneem en uitleef van hul onderskeie portefeuljes. ’n Belangrike plig is om maandeliks oor koshuisaangeleenthede en portefeuljevordering aan die koshuisouers verslag te doen.

Ruben Buitendag
Primarius

Bunika Groenewald
Primaria

Loria Fourie
Eerstejaarsvoog en sekretaris

Stephen Nel
Eerstejaarsvoog

WC Kriel
AfriForum Jeug

Deandra Albrecht
Sport en Anchora

Monique van der Loo
Bemarking en klerasie

Nadine Jacobs
Jool en Sosiaal

Koshuisouers
Dit is vir ons ’n voorreg om al vir die afgelope vyf jaar huisouers te wees by De Goede Hoop.
Ons is ook trots daarop dat ons ’n Christelike, Afrikaanse, waardegedrewe koshuis is waar ons nie skaam hoef te wees vir wie ons is, of waar ons vandaan kom nie.
Ons wil jou uitnooi om deel te word van ons steeds groeiende De Goede Hoop-familie, waar ons saam bou aan ’n nalatenskap vir generasies wat nog kom.
Ons is roepingsgedrewe en daarom glo ons dat ons geroep is as huisouers van hierdie besonderse koshuis, om ’n verskil in jongmense se lewens te maak. Ons wil graag jongmense voorberei vir die “grootmenswêreld” en daarom is ek as huisvader van De Goede Hoop ook ’n Gallup-gesertifiseerde lewensafrigter juis omdat ons glo in die persoonlike ontwikkeling van ons jongmense wat deel is van die De Goede Hoop-familie. Op dié manier help ons slyp aan ’n volgende generasie leiers.
Ons wil jou ook nooi om ’n “Anker” van De Goede Hoop te word. Met hierdie projek staan ons studente by wat nie andersins ’n geleentheid sou gehad het om in De Goede Hoop te kon woon nie. Deur hierdie projek te ondersteun, help jy dat ’n student in ’n veilige omgewing kan studeer sonder om bekommerd te wees oor finansies.
De Goede Hoop skep ’n veilige tuiste vir studente van verskeie tersiêre instellings.
Ons is dankbaar vir die genade en seën wat die Here oor die afgelope ses jaar oor De Goede Hoop uitgestort het en sien met ’n verwagting in ons harte uit na die toekoms.
Vriendelike groete
Nantes en Elsabè Kelder
Koshuisouers

