Anker

Anker van De Goede Hoop

De Goede Hoop is in 2016 gestig om ’n veilige tuiste te bied vir dinamiese studente met Christelike waardes en ’n passie vir Afrikaans – ’n plek waar hulle gesonde studentetradisies kan uitleef. Die Anker van De Goede Hoop is in 2018 gestig om die koshuis te ontwikkel en uit te brei, en hoop te skep vir studente wat andersins nie die geleentheid sou hê om te studeer nie. De Goede Hoop bied ’n ruimte vir studente waar hulle persoonlik, emosioneel en akademies kan groei en op die lewe daar buite kan voorberei.

Die fondse wat deur Ankers aan De Goede Hoop geskenk word, word aangewend om die verblyffonds te versterk.

Omdat De Goede Hoop ’n inisiatief van AfriForum is en skenkers bereid is om ’n bydra te maak sonder om iets terug te verwag, kwalifiseer hulle vir al AfriForum se gratis ledevoordele.

Skenkers sal gereeld kommunikasie met inligting oor De Goede Hoop- en AfriForum-veldtogte ontvang. Elke skenker sal ook ’n verwelkomingspak ontvang.

Verwys ’n Anker van De Goede Hoop!

Anker-
aansluitings