Verblyf

Wat bied De Goede Hoop jou?

Studente bly in hul eie kamers. Daar is verskillende tipes kamers: koshuiskamers, gedeelde woonstelle, kommunes en tuinwoonstelle. Mans en dames woon apart.

geriewe sluit in

  • Wi-Fi;
  • wasgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs;
  • veilige parkering; en
  • ’n klubhuis, braaigeriewe en lieflike grasperke.

Elektrisiteit en parkering word by die huurbedrag ingesluit.

Geen etes word verskaf nie aangesien daar kombuise is.

Die koshuis is omring met ’n elektriese heining en hek, met ’n 24 uur-sekuriteitswag.

Gedeelde areas word weeksdae skoongemaak.

Kamerplasings word deur De Goede Hoop gedoen, nadat die keuringsproses voltooi is.

Elke enkelkamer beskik oor ’n enkelbedbasis, lessenaar, boekrak en ingeboude kas. Jy moet dus net jou eie matras, beddegoed, gordyne (standaardlengte), stoel, asblik en persoonlike goed saam te bring. Geen spykers mag in mure gekap word nie.

Badkamers is toegerus met toilette, wasbakke, storte en in sommige eenhede baddens. Bring jou eie stortmatjie saam.

Kombuise is met ’n ys-/vrieskas en induksiestoof toegerus. Studente is verantwoordelik vir hul eie kastrolle, panne, glase, borde, bekers en eetgerei. Kroegyskassies word in die kamers toegelaat. Eie skoonmaakmiddels, lappies en sponsies moet egter voorsien word.

Industriële wasmasjiene en tuimeldroërs is beskikbaar teen R30 per was- of droërsiklus. Dié masjiene neem R5-munte.

Kamers en geriewe:

Blok A

Eerstejaarsdames-koshuisblok

Blok b

Eerstejaarsdames-koshuisblok

Blok c & d

Eerstejaarmans-koshuisblok

Blok e

Seniormans-kommunehuis

Blok f

Seniormans-kommunehuis

Blok h & i

Seniordames woonstelle en -kommune

Blok j

Seniordames-kommunehuis

Blok k

Senior eenmanwoonstelle

Blok l

Senior kommunehuis

Blok m

Senior kommunehuis en -woonstel

Blok n

Senior kommunehuis en -woonstel

Blok q

Senior kommunehuis en -woonstel

Vir enige navrae of verdere inligting, stuur asseblief ‘n epos na bestuur@degoedehoop.co.za.