Inligtingsbrief

Beste student,

Baie dankie vir jou navraag oor verblyf in De Goede Hoop-koshuis.

Hiermee meer inligting oor die koshuis:

  • Elke student bly in sy/haar eie kamer. Daar is verskillende tipes kamers; koshuiskamers, gedeelde woonstelle, kommunes en tuinwoonstelle. Mans en dames bly apart.
  • Geriewe sluit in: IT-lokaal met internet en werkspasie, wasgeriewe met wasmasjiene en tuimeldroërs, veilige parkering, klubhuis, gemeenskaplike kombuise, braaigeriewe en heerlike grasperke om te ontspan.
  • Elektrisiteit en parkering word ingesluit by jou huurbedrag.
  • Elektriese heining rondom die terrein en 24-uur sekuriteitswagte.
  • Gedeelde areas word weeksdae skoongemaak.

In elke kamer is ’n enkelbedbasis, lessenaar, boekrak en ingeboude kas. Jy moet dus net jou eie matras, beddegoed, gordyne (standaardlengte), eie stoel, asblik en persoonlike besittings te bring. Geen spykers mag in enige mure geslaan word nie.

Badkamers is toegerus met toilette, wasbakke en storte. Bring jou eie stortmatjie saam.

Kombuise is met ’n ys-/vrieskas en induksiestoof toegerus. Studente is verantwoordelik vir hul eie kastrolle, panne, glase, borde, bekers en eetgerei. Kroegyskassies word in die kamers toegelaat. Eie skoonmaakmiddels, lappies en sponsies moet egter voorsien word.

Industriële wasmasjiene en tuimeldroërs is beskikbaar teen R30 per was. Dié masjiene neem R5-munte.

’n Deposito, die eerste maand se huurgeld, Wi-Fi en administrasiegelde is betaalbaar voor okkupasie.

Vir verdere navrae, stuur gerus ’n e-pos na bestuur@degoedehoop.co.za.

De Goede Hoop-groete